Ekologiese reis vir eers in die wiele gery
2010-02-15 20:32
'n Reisiger wat regoor die wêreld met sy eko-vriendelike vragmotor te ry, sal dalk in Indië in die hof verskyn oor ‘n onwettige satellietfoon in sy besit, berig Wanderlust.
Andy ‘Pag’ Pagnacco het al reeds 16,500 km in sy vragmotor wat herwinde kookolie gebruik, afgelê.
Hy is in Indië met ‘n satellietfoon betrap en sy reis is vir eers onderbreek.
Indië se anti-terreur wetgewing vereis dat enigiemand in besit van ‘n satellietfoon, 'n permit van die regering nodig het.
Pagnacco se prokureur het egter daarop gewys dat hy tot dusver nie ‘n staatskantoor kon opspoor om aansoek te doen vir ‘n permit nie.
Pagnacco het die foon aangeskaf vir sekuriteitsdoeleindes.
“Ek is baie jammer dat ek die reëls verbreek het,” het hy aan die owerhede gesê.
“Ek het nie besef nie.
“Ek het die foon al in 30 lande sonder enige probleme gebruik.”
Pagnacco het in die verlede ‘n sjokolade-aangedrewe trok Timboektoe toe gery en het die Grease to Greece padwedren vir motors wat herwinde kookolie gebruik, gereël.
Hy hoop om binnekort weer in die pad te val.
Kliek hier vir die volledige storie.