Edelweiss Air vlieg nou ook na Kaapstad
2011-10-26 13:26
Kaapstad – Edelweiss Air, ‘n Switserse lugredery, het Dinsdag sy heel eerste vlug van Zürich na Kaapstad uitgevoer met meer as 150 passasiers, het Tourism Update berig.
Die lugredery maak gebruik van ‘n Airbus A330-200 en beplan om twee keer per week tussen Kaapstad en Zürich te vlieg – op Dinsdae en Vrydae.
“Edelweiss Air is die tweede lugredery wat vanjaar by die Kaapstad Internasionale lughawe aansluit. Die eerste een was Zambesi Airlines wat sedert Junie van Kaapstad af vlieg,” het Deborah Francis van Edelweiss Air gesê.
– Lees die volledige artikel by Tourism Update.
– Volg Nuus24 op Twitter.