Drie boere en ’n Griek ry deur Afrika

2011-04-05 08:41
Tweets Share Share line Print

Kyk net die kamera op sy valhelm. Rufus Dreyer word nie verniet deur sy rymaats McGyver genoem nie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Drie Oos-Kaapse boere en ‘n Griekse vriend het Donderdag op hul motorfietse uit die Kaap vertrek en het vroeg hul eerste terugslag op pad na Kaïro beleef, skryf EBEN HUMAN

Daar was verlede Woensdagaand net opgewondenheid by ’n gastehuis in Groenpunt terwyl die drie Oos-Kaapse boere Rufus Dreyer, Richard Bennett en Norman Emslie saam met hul Griekse vriend Stelious Georgiou gereed gemaak het vir ’n rit van ’n leeftyd.

“Dit is nou of nooit. Ons moes dit eenvoudig doen voordat ons te oud is,” het Bennett die algemene gevoel opgesom.

Die gedagte van die Afrika-safari het eintlik begin by Georgiou wat as driejarige van Ciprus gekom en op Fort Beaufort in die Oos-Kaap gaan woon het.

“Ek het altyd gedroom van ’n motorfietsrit deur Afrika terug na my familie op Ciprus,” het die vriendelike winkeleienaar van Fort Beaufort gesê.

Gou was daar ’n paar manne wat nader gestaan het en saam wou ry. Die groot nood wat daar tans by die Adelaide-hospitaal ervaar word, het hulle ook laat besluit om dit ten ­bate van ’n goeie saak te doen.

Die vierstuks sê die hospitaal is vir hulle ’n teer saak. “Ons kan nie ’n swak hospitaal in ons gemeenskap hê nie. Dit raak baie mense en ons werkers se lewe. Daarom wil ons graag probeer om soveel geld as moontlik vir die hospitaal in te samel,” het Bennett gesê.

Die mikpunt is om R1,2 miljoen vir ’n nuwe waterbergingsaanleg vir die hospitaal te probeer vind. ’n Plaaslike geneesheer, dr. Jan van der Westhuysen, het verduidelik dat water vir die hospitaal in droogtetye uit die Visrivier gepomp moet word.

“Ons beleef dikwels watertekorte en moet dan sekere sale sluit en pasiënte wegwys,” het dr. Van der Westhuysen die hospitaal se nood opgesom.

Dreyer het die afgelope naweek aan Buite laat weet dat hulle aanvanklik verkies het om op die Weskuspad na Klawer te ry weens die padwerke tussen Malmesbury en Citrusdal.

“Hier het ons vroeg die eerste fout begaan met die keuse van die ‘kortste pad’ op die GPS. Die gevolg was dat ons op ’n senutergende, modderige grondpad beland het net voor Klawer. Almal het darem heel anderkant uitgekom,” het Dreyer vertel.

“Kort hierna het ek agtergekom dat my perd nie meer goed trek nie. Dit was asof die masjien nie genoeg petrol deurkry nie,” het Dreyer bygevoeg.

Volgens hom het daar toe ’n ongemaklike bekommernis oor die hele groep gekom, want sy motorfiets kon beswaarlik 90 km/h haal en hulle mik na Egipte!

Daar is die Donderdagaand op Springbok geslaap. Die volgende dag het Dreyer en Georgiou na Upington gery vir herstelwerk en die res na die Augrabies-waterval.

“Ek het die motorfiets na Bike World geneem en moet sê hierdie manne was uit die staanspoor baie behulpsaam. Met so ’n bietjie kopkrap het die een werktuigkundige, Jaco, die oorsaak van die probleem gevind,” het Dreyer vertel.

Met die motorfiets se vergasser herstel is daar Saterdagoggend vroeg na Namibië se grens gery.

“My motorfiets het goed geloop en ons het intussen met Windhoek kontak gemaak om reëlings te tref om spaar-onderdele reg te hê sodra ons daar verby kom. Daar was nuwe vuur onder die groep en die gemoedere was goed,” het Dreyer laat weet.

“Die pad het ons verby Keetmanshoop gevoer en ons het uiteindelik in Mariental gestop vir ons eerste aand in Namibië.

“Ons buurland lyk tans asembenemend mooi ná die bogemiddelde reëns wat hulle die laaste tyd gehad het,” het Dreyer gesê.

Gister is daar in die rigting van Windhoek vertrek. Daarna sou hulle Rundu die volgende stilhouplek op hul pad noord maak.


Drie boere en 'n Griek kort voor hul vertrek na Egipte. Van links staan Richard Bennett, Stelious Georgiou, Norman Emslie en Rufus Dreyer. Lesers kan hul vordering op hul webtuiste volg.
Foto’s: EBEN HUMAN


Familie het die ryers kom groet voor hul vertrek uit Kaapstad. Van links staan Stacey, Cheryl en Norman Emslie, Anne Dreyer met haar seuns Nicholas, Tom en Neil, Rufus Dreyer, Stelious Georgiou, Richard Bennett en sy vrou, Erica Bennett, en ’n vriend, Arthur Lauret.

Help Adelaide
Met ’n op en wakker Oos-Kaapse boer soos Rufus Dreyer in die span gaan die buitewêreld maklik die omswerwinge van die drie boere en die Griek kan volg terwyl hulle op hul motorfietse deur Afrika ry.

Gaan kyk gerus op hul webtuiste om hul vordering dop te hou.

Dreyer se rymaats het die eerste aand in Springbok breed geglimlag. Hulle kon die volgende oggend ’n bietjie langer slaap terwyl “McGyver” vooruit is via Pofadder na Upington vir herstelwerk aan sy motorfiets. Die ander drie sou later in die dag rustig volg voordat hulle die naweek hul reis na Namibië en uiteindelik Egipte sou voortsit.

- Die ryers wil geld insamel vir die Adelaide-hospitaal in die Oos-Kaap.

Kontak Jan van der Westhuysen by 082 853 4906 (e-pos: docjan­@­africareal.­co.­za) om te hoor hoe jy kan help. Die superintendent van die hospitaal is Eric Wright (adelhosp@mweb.co.za).


- Beeld

Lees meer oor: reis  |  hospitale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Ka 1.3 3-dr Ambiente
2007
R 64,955.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.