Donker voorspellings vir SA-hotelle
2011-08-04 09:52
Kaapstad – Suid-Afrika se hotelsektor is besig om te ly en sal waarskynlik aanhou sukkel vir die volgende 12 tot 18 maande.
Hierdie donker voorspelling deur kenners in die gasvryheidsbedryf volg op die sluiting van verskeie top-hotelle oor die land in die afgelope paar maande.
In die afgelope week het die African Sun Group onder andere aangekondig dat hy die deure van die gewilde Grace Hotel in Rosebank gaan sluit.
‘n Paar top-hotelle in Kaapstad moes dieselfde paadjie stap, met die Alphen in Constantia en die Hotel Le Vendome in Seepunt wat gesluit het.
“Die hotelbedryf gaan waarskynlik voortgaan om moeilike tye te ervaar met ‘n ooraanbod van kamers in die middestede”, het Mark Jakins, groepbemarkingshoof van Peermont, gesê.
Brett Dungan, uitvoerende hoof van Fedhasa, meen die volgende 18 maande gaan moeilik wees, nie net vir die hotelbedryf nie, maar vir die ekonomie as ‘n geheel.
“Die feit is dat die hotel, gastehuis en breër akkommodasiesektore ‘n baie moeilike tyd deurgaan, met talle instansies wat gedwing word om hul deure te sluit.”
– Lees meer by Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter