Doepa vir die (stoute) siel

2009-09-17 12:15
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Baie mense vermy dit om bietjie na te dink of op te lees oor ‘n ‘stoute naweek weg’, aangesien hulle met reg bang is vir die resultate wat Google dalk mag oplewer.

Niemand het ‘n bladsy vol stoute idees, erotiese foto’s en die uitruil van metgeselle nodig wat skielik op jou rekenaarskarm verskyn net wanneer die baas verbystap nie.

Maar ‘n stoute naweek weg hoef nie uit swepe en kettings te bestaan, of aktiwiteite in te sluit wat enige van die partye ongemaklik laat nie.

Dit gaan eerder oor waarheen julle gaan en hoe avontuurlustig julle is wanneer julle daar kom.

Tarzan en Jane Styl



Nie almal het die "Tarzan en Jane" fantasie nie, maar daar is iets opwindends aan die privaatheid van bome.

Ons het dalk nie oerwoudtakke om aan te swaai nie, maar Suid-Afrika het talle ‘boomhuise’ wat die moeite werd is om te besoek.

Zululand Tree Lodge, langs die wêreldbekende Hluhluwe en Umfolozi Wildreservaat, is geleë binne ‘n digte bos.

Die huisies op pale laat jou hoog in die bome – en lig jou sekslewe sommer ook.

Die intense privaatheid en asemrowende landskap is die ideale ligging vir ‘n romantiese wegbreek en die balkon is ‘n nuwe plekkie om te verken...

Die omgewing is ook bekend vir renosters, so jy mag dalk so nou en dan wil afkyk – net vir ingeval.

Speel in die karavaan

Soms is die regte ligging en atmosfeer al wat nodig is om ‘n bietjie stout in die slaapkamer te wees - ‘n plek waar jy jou inhibisies by die venster kan uitgooi en regmaak vir ‘n wilde naweek.

Probeer die Grand Daddy Airstream Penthouse Trailer Park in Langstraat in Kaapstad.



Hier kan jy stout raak in ‘n karavaanpark op die dak, terwyl jy steeds bederf word met uitstekende diens, lopende water en ‘n uitsig van Tafelberg.

So wikkel daardie denim-mini aan en klim in jou knie-hoogte stewels en gee die aand ’n bietjie skop.

‘n Ander opsie in Kaapstad is die Daddy Long Legs Boutique Hotel wat 13 kamers met verskillende temas het.

Alles hang af van jou fantasie. Laat jou droom oor ‘n aantrekkamer waar word in die Levis 501 kamer, of raak gemaklik saam met ‘n dokter in die ongevalle kamer.



Raak kaal

Ja, ons weet die punt van ‘n stoute naweek is om kaal te word, maar ons bedoel trek uit en bly kaal – die hele dag.



Suid-Afrika het baie gerespekteerde ooede vir nudiste en naturaliste. Dit beteken jy kan uittrek vandat jy arriveer en jy hoef eers weer in jou klere te klim wanneer jy waai.

Daar is nie ‘n beter manier om dinge in die slaapkamer warm te maak as om meer gemaklik met jou eie liggaam te raak nie.

Wat nog beter is, is dat geen seksuele aktiwiteite in openbare areas toegelaat word nie, wat beteken jy kan kyk, maar jy mag nie vat nie – en almal wil hê wat hulle nie kan kry nie.

Daar is ‘n hele paar plekke in Suid-Afrika om van te kies, insluitende Kiepersolkloof Privaat Natuurreservaat in die Noordwes, die oudste nudiste-oord in die land.

As dit dalk nie jou styl is om in die naak te sosialiseer nie, is Kalypsotours die keuse vir jou. Hulle organiseer privaat nudiste vakansies wat voldoen aan jou spesifieke vereistes.

Raak een met die natuur – gaan kampeer

Voordat jou wenkbroue lig - as ons sê 'kamp', bedoel ons luukse safaritente, nie doen-dit-jouself styl nie.



Hierdie tipe wegbreek beteken dat jy werklik terugkeer na jou natuurlike instinkte – sonder om jou gemak prys te gee.

Thandeka Lodge in die Waterberge in Limpopo bied luukse akkommodasie en is slegs twee ure se ry vanaf Johannesburg.

Die individuele tenthuise bied volkome privaatheid en gemak en is uniek versier in ‘n kontemporêre kolonialistiese styl – perfek vir enige ‘Out of Africa’ fantasie.

Verbeel jou – buitestorte en klipbaddens wat oor die bosveld uitkyk. Dit is die beste manier om weer een met die natuur te word en om nader aan mekaar te kom.

Leer ‘n paar nuwe truuks



Nog ‘n opsie vir ‘n naweek met ‘n stoute agenda is om ‘n werkswinkel vir paartjies by te woon.

Dit beteken nie noodwendig ‘n groepterapie-sessie of grafiese demonstrasies nie.

Sien dit eerder as ‘n oop omgewing waar jy ‘n paar nuwe tegnieke kan leer of net op ‘n meer intieme wyse by mekaar kan uitkom.

Jonti Searll gee onderrig in seksualiteit en sensualiteit en bied ‘n verskeidenheid kursusse aan, soos maniere om daai verlore vonk weer terug te kry.

Sy volgende werkswinkel is ‘n verkenning van sensuele masserings en vind plaas by Avianto, slegs 45 minute buite Johannesburg.

Die kursus sluit akkommodasie in die hotel en alle etes in.

Datum: Sondag 27 September teen R3900 per paartjie.

Kontak  jontisearll@mweb.co.za.

- Travel24


 

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Ka 1.3 3-dr Ambiente
2007
R 64,955.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.