Doen jou ding in die Drakensberg

2010-09-03 00:02
Tweets Share Share line Print

Die Drakensberg... wat ’n magiese bestemming. Dis ’n plek wat die adrenalien laat pomp, maar ook sielsrus bied. Erns Grundling en die fotograaf Simone Scholtz was ’n paar dae in dié Wêrelderfenisgebied.

Drakensberg 101


Waar kom die naam vandaan?

Twee landskapskilderye deur Charles Bell in 1834 het reeds die naam “Drakensberg” gedra. Die Zoeloe-woord vir die berg, uKahlamba, beteken “versperring van spiese”.

Hoe kom ek daar?

Ry met die N3 van Durban af en draai links op die R74. Winterton en Bergville is die twee dorpies wat volg. Van Johannesburg af ry jy met die N3, vat die N5 tot op Harrismith, en ry dan op die R74 in die rigting van die Oliviershoekpas.

Waar slaap ek?

Baie van die gastehuise en hotelle word op ’n basis van aandete, bed en ontbyt bedryf. In die noordelike Drakensberg het ons lekker oornag by die Drakensberg Mountain Retreat (vanaf R500 p.p.p.n) www.drakensbergretreat.co.za.

In die sentrale Drakensberg bied die Ardmoregasteplaas billike verblyf in rondawels (vanaf R395 p.p.p.n.) en kothuise (vanaf R485 p.p.p.n.). Die viergangaandete en ontbyt was puik. www.ardmore.co.za



Wanneer moet ek gaan?


Die Drakensberg is altyd besonders. Die grasgroen heuwels is pragtig in die somermaande, maar dit is ook dan die reënseisoen; vat dus ’n reënjas saam – daar is dikwels donderstorms. In die winter is dit droër, met temperature dikwels bo 20 ºC, maar snags daal dit tot onder die vriespunt. Die landskap is ook valer in die winter. Die beste tyd is waarskynlik herfs, wanneer die reënseisoen verby is en die heuwels van groen na goud verkleur.

Wat lees ek?

Jy hoef nie verder te soek as R.O. Pearse se Barrier of Spears – Drama of the Drakensberg (Art Publishers) nie. Die boek het oorspronklik in 1973 verskyn en is ’n meesterstuk. Kyk uit vir die jongste uitgawe (2006) met pragtige foto’s deur die skrywer se seun, Malcolm. www.artpublishers.co.za

Kontak: 036 488 1207; www.cdic.co.za

Wat kan ek nog doen?

As jy kans sien vir die Tugelarivier se stroomversnellings, bespreek vir ’n dag lange roei-ekspedisie by Four Rivers Rafting & Adventures (www.fourriversadventures.co.za) – jy gaan onder meer graad 5-stroomversnellings teëkom. By al die hoofsentra in die Drakensberg kan jy stap, perdry, visvang, gholf speel of sommer net op ’n klip gaan sit en dink.
 
- Vir meer inligting besoek Weg!

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,990.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.