Die wêreld se lelikste geboue
2010-04-01 13:05
Kaapstad – Die VirtualTourist.com het vir die tweede maal ‘n lys saamgestel van die Top 10 lelikste geboue in die wêreld.
Die vorige lys het soveel omstredenheid veroorsaak dat die skeppers dit eenvoudig nog ‘n keer moes doen.
Van ietwat onaangenaam tot byna gevaarlik lelik, hier volg die lys van die lelikste geboue:
1) Morris A. Mechanic Theater; Baltimore, Maryland
2) Zizkov TV Tower; Praag, Tsjeggiese Republiek
3) Parlementsgebou; Wellington, Nieu-Seeland
4) Centre Pompidou; Parys, Frankryk
5) Federation Square; Melbourne, Australië
6) Petrobras-hoofkwartiere; Rio de Janeiro, Brasilië
7) Markel-gebou; Richmond, Virginia
8) Royal Ontario-museum; Toronto, Kanada
9) Nasionale Biblioteek; Pristina, Kosovo
10) Ryugyong-hotel; Pyongyang, Noord-Korea
Lees meer hier.