Die wêreld se eienaardigste feeste
2010-10-13 15:07
Kaapstad - Die jaarlikse La Tomatina fees in Bunol, Spanje is een wêreld se top 10 eienaardigste feeste, en dié tamatiefees lok duisende toeriste elke jaar.
Tienduisende mense sak op die klein dorpie toe om mekaar op die laaste dag van die week met oorryp en vrot tamaties te gooi totdat die strate in rooi poele tamatiesous verander.
Dié fees is egter nie wêreld se enigste snaakse saamtrek nie.
By Cooper’s Hill in Engeland word daar jaarliks ’n stuk kaas afgerol en deelnemers van regoor die wêreld jaag dan agterna.
Vir dié groep mense is hul liefde vir kaas só groot dat hulle selfs by ’n heuwel sal afhardloop om dit in die hande te kry.
Die eerste persoon wat onder aankom, wen, wel, die kaas.
Deelnemers jaag eintlik die kaas, maar omdat dit te vinnig rol, is dit onmoontlik om dit in te haal.
Die tradisie is glo meer as 200 jaar oud.
Lees meer hier oor die wêreld se vreemdste feeste.
Volg Nuus24 op Twitter.