Die waarheid agter reis-mites

2011-01-14 08:58
Tweets Share Share line Print

Al ooit die storie gehoor van die man wie se identiteit gesteel is nadat sy persoonlike inligting van sy elektroniese kamer-kaart bekom is?

Of die een van boewe wat passasiers op treine in Oos-Europa met slaapgas oorrompel en beroof?

Dit maak lekker stories, maar meeste van die tyd is dié soort mites nie waar nie.

Hier is ‘n paar reis-mites waaroor jy dalk effe meer gerus kan wees as jy jou volgende oorsese reis beplan.

1.    Hotel-sleutelkaarte bevat persoonlike inligting


Wydverspreide gerugte doen die ronde dat gaste se persoonlike inligting – selfs hul identiteite- van hotelle se kamersleutel-kaarte afgesteel kan word.

Volgens die webwerf Snopes, wat sulke mites verkeerd probeer bewys, is dit onwaar.

Met vandag se nuwe tegnologie stoor geen hotel glo persoonlike inligting op sleutelkaarte nie.

2.    Daar is $100-note in Gideon-Bybels weggesteek


In baie hotelle sal ‘n Gideon-Bybel op die bedkassie lê.

“Volgens ‘n legende het evangeliese Christene soms $100-note tussen die blaaie weggesteek as ‘n beloning vir die getroue leser of desperate siel wat volgende deur die Goeie Boek blaai, het die bemarkingspesialis Amy Bradley-Hole van Arkansas gesê.

Volgens Bradley-Hole is dit waarskynlik ‘n mite, siende dat sy nog nooit van iemand gehoor het wat geld in ‘n Bybel ontdek nie.

“Ek weet wel van baie mense wat erken het hulle steek hul geld in die Bybel weg, aangesien hulle dink dit is ‘n goeie wegsteekplek.”

Dit mag dalk net ‘n goeie rede wees om in ‘n hotel-Bybel te loer.

3.    Jy sal nie die beweging op ‘n reuse-skip voel nie


Groot skepe is grotendeels baie stabiel, maar dit beteken nie jy gaan voel asof jy op die land is nie.

“Dit maak nie saak op watter grootte skip jy is nie. Op een of ander punt gaan jy beweging voel,” het John Deiner, besturende-redakteur by CruiseCritic.com gesê.

“Stabiliseerders help natuurlik baie, maar as jy die beweging geheel en al wil vermy, is die beste ding wat jy kan doen om op die land te bly en die skip van daar te aanskou.”

“Om die gevoel van beweging op die skip te minimaliseer, bly op die middelste dek,” het hy gesê.

Lees oor meer mites by AOL Travel

Volg Nuus24 op Twitter



 

Lees meer oor: reis  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Ka 1.3 3-dr Ambiente
2007
R 64,955.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.