Dié reis-programme moet jy op jou selfoon hê

2011-10-12 14:29
Tweets Share Share line Print

Die visioenêre sakeman, Steve Jobs, is onlangs oorlede en ter nagedagtenis aan sy briljante entrepreneurskap en vindingrykheid, wy Dalene Ingham-Brown ’n inskrywing aan hom.

Daar is vyf reis-programme wat menigte reisdier die noppies ingehad het en daar word steeds wêreldwyd gegons oor Jobs se vernuf om die lewe ’n duisend maal te vergemaklik.

Hierdie vyf programme kan jou volgende reis in ’n gemaklike avontuur omskep.

1.    Dankie Skype
Die BBM-slimfoon dink dalk hy is die houtjie van die galg met sy boodskap-funksie, maar niks kon nog naby Skype se flink en gratis diens kom nie. 

Met Skype op jou iPhone kan jy nie anders as om die wêreld oor te neem nie.

2.    Vreemde gewoontes
As jy jou in ’n vreemde stad bevind en nie ’n idee het wat die kelner as onvanpas sal ervaar nie, is die World Customs-program vir jou.

Ná jy dit afgelaai het, is jou iPhone in staat om vir jou te kan sê of jy moet spoeg of jou bord moet breek om waardering vir die ete te wys.

Deur dié reis-program deur te soek kan jy vinnig ingelig word oor verskillende kulture en hulle gewoontes.

3.    Dié app voer jou met die lepel
As jy ’n restaurant-fundi is, is hierdie een gemaak vir jou.

Dié program gee jou ’n vinnige én eerlike oorsig van al die omliggende restaurante.

UrbanSpoon is die beste restaurantgids en behoort 24 uur van die dag aan die gang te wees as jy jou in ’n vreemde stad bevind en die plaaslike kos wil ontdek.

4.    Vlug verpas?

Nextflight spoor alle vlugte van meer as 4 200 lughawens op. Jy hoef dus nie meer na die skerm bo jou staar wanneer jy, soos die res van die honderde verdwaalde siele, op soek is na die volgende vlug nie.

5.    Hoor, hoor!
Het jy al ooit gedroom van jou eie, persoonlike reisagent wat jou dag en nag vergesel na al die plekke sonder om vir haar koffie hoef te koop?

HearPlanet is tot jou redding! Hierdie program vertel  jou (letterlik ) van al die nabye besienswaardighede en tree soos ’n pratende Wikipedia op.

Lees hier vir meer inligting oor Steve Jobs se iPhone-vindingrykheid.




 

Lees meer oor: skype  |  tegnologie  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Ka 1.3 3-dr Ambiente
2007
R 64,955.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.