Christchuch-katedraal gedeeltelik afgebreek
2011-10-31 13:09
Nieu Seeland - Die Christchurch-katedraal gaan gedeeltelik afgebreek word in ‘n poging om die struktuur, wat deur ‘n kragtige aardbewing beskadig is, te versterk.
Dele van die katedraal sal heeltemal afgebreek word sodat belangrike opbouwerk aan die historiese struktuur gedoen kan word.
Die bekende katedraal het erge skade opgedoen in die dodelike 6.3-aardbewing vroeër in die jaar wat die lewens van 181 mense geëis en 30 000 huise vernietig het.
Die landmerk is ‘n gewilde toeristebestemming in Christchurch, maar kon sedert Februarie nie deur toeriste besoek word nie.
– Lees verder by Wanderlust
– Volg Nuus24 op Twitter