Chinese sneltrein verloor spoed
2011-06-20 15:18
China – Die Chinese regering het aangekondig dat die topspoed van die sneltrein wat tussen Beijing en Sjanghai gaan loop merkwaardig verlaag gaan word wanneer dit later vandeesmaand ná ‘n veiligheidsondersoek sal open.
Die ondersoek het gedui op slordige vakmanskap en korrupsie.
Die nuwe diens, wat die 10-uur lange rit tussen China se politieke en sake-kerns sou halveer, sou die vlagskip-projek van ‘n reuse-$400 miljard (R2,7 biljoen) program wees wat die land sou voorsien met die mees uitgebreide sneltrein-netwerk wat bestaan.
Nietemin het die ministerie van spoorweë se aankondiging verlede week, dat treine op die nuwe spoorlyn slegs toegelaat sal word om sowat 250 km/h te ry in plaas van 380 km/h, ‘n demper geplaas op die opening van die nuwe ontwikkeling.
Die beperkings volg ná ‘n verslag deur amptenare wat spruit uit die afdanking in Februarie van die minister van spoorweë, Liu Zhijun, en die adjunk-hoof-ingenieur van die departement, Zhang Shuguang.
Volgens die amptelike aankondiging word die twee ondersoek vir “ernstige dissiplinêre oortredings,” ‘n uitdrukking wat deur die Kommunistiese party gebruik word om van korrupsie te praat.
Daar is verneem dat kontrakteurs afskeepwerk gedoen het toe daar van duur verhardingsmateriaal gebruik gemaak is om die sement van die spoorlyn se basis te maak. Daar word voorspel dat dit binne ‘n paar jaar kan verkrummel.
Kliek hier om meer te lees.
Volg Nuus24 op Twitter