China open wêreld se langste seebrug
2011-06-30 14:59
Beijing – China het die wêreld se langste brug oor die see geopen.
Die Jiaozhou-baai-brug is 42 km lank en verbind China se oostelike hawestad Qingdao met die Huangdao-eiland.
Volgens die televisienetwerk CCTV is die 35 m breë brug die langste van sy soort en het die koste meer as 10 miljard yuan (R10,5 miljard) beloop.
Die brug, sowel as ‘n ondersese tonnel, het Donderdag vir verkeer oopgemaak.
Dit het vier jaar geneem om die brug te bou en dit word deur 5 000 pilare ondersteun.
Volgens die Guinness World Records is die vorige rekord vir ‘n brug oor water die Pontchartrain-meer laagwaterbrug in Louisiana.
Die Chinese brug is meer as vier km langer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP