Cape Grace betower gaste met diamante
2011-08-17 14:22
Kaapstad – Die Cape Grace, een van Kaapstad se mees eksklusiewe hotelle, het ‘n unieke drie-nag-pakket saamgestel in samewerking met Platandia, 'n luukse Suid-Afrikaanse juweliers-handelsmerk.
Gaste wat in een van die hotel se luukse eenhede bly sal die geleentheid kry om ‘n unieke Afrika-juweliersware-ervaring te geniet en sal huis toe gaan met ‘n ¼ karaat-diamant.
Die diamant is gewaardeer op 10% van die kamer se koste.
Die Rare and Extraordinary Experiences-pakket gee gaste toegang om van die Aarde se skaarsste edelgesteentes in die privaatheid van hul kamer te aanskou en om Platandia se meester-goudsmid vir meer inligting te konsulteer.
– Lees meer by Breaking Travel News
– Volg Nuus24 op Twitter