Calitzdorp skud vere reg vir port-fees
2011-05-12 09:22
Calitzdorp, wat wyd en syd bekendstaan as die port-hoofstad van Suid-Afrika, skud sy Klein Karoo stof af in voorbereiding vir die jaarlikse port-fees wat van 16-18 Junie 2011 sal plaasvind.
Ná die reuse-sukses van die 2009 Calitzdorp port- en wynfees, sal 2011 se fees weer gelaai wees met programme by die verskeie kelders en geriewe in die dorp.
Die fees sal om die historiese Calitzdorp-treinstasie gesentreer wees.
Die gewilde port-produseerders Axe Hill, Boplaas, Calitzdorp-kelder, De Krans, Du’SwaRoo, Peter Bayly, TTT en Withoek, in samewerking met Absa, sal die fees hierdie jaar aanbied.
Besoek iafrica vir sommige van die fees se hoogtepunte.