Britse toeris deur seerowers ontvoer, meen kenners
2011-09-19 15:19
Nairobi, Kenia – Die Britse toeris wat by ‘n strandoord in Kenia ontvoer is word deur Somaliese seerowers aangehou in ‘n afgeleë deel van die land, het kenners en sekerheidsanaliste in Nairobi gesê.
“Bendes van die suide van Somalië het haar by die kus op geneem en haar verskeie kere geskuif,” het Andrew Mwangura, ‘n kenner in seerowery 'n redakteur by die Somalia Report, ‘n onafhanklike aanlyn-publikasie, gesê.
Judith Tebbutt is vroeër die maand deur gewapende mans ontvoer by ‘n oord naby die grens met Somalië.
Haar man, David Tebutt, is in die aanval doodgeskiet.
Besonderhede oor die voorval is steeds onduidelik en die Britse regering het joernaliste gevra om nie die presiese ligging waar Tebbutt aangehou word, bekend te maak nie, om te voorkom dat opposisie-bendes haar dalk van daar probeer ontvoer.
Daar is oorspronklik gevrees dat al-Shabaab, die militante groep wat bande met Al-Kaïda het, verantwoordelik vir die aanval was.
‘n Sekerheidsanalis wat in Nairobi gebaseer is meen weer dat dit die werk van seerowers is.
Geen losprys is nog gevra vir Tebbutt se vrylating nie, het Mwangura gesê.
– Les verder by CNN
– Volg Nuus24 op Twitter