Breek weg na Weenen
2010-08-27 12:10
As jy al bewerig is van al die koffie en skons in die Natalse Middelland, wyk uit na die Weenen-reservaat, sê Anim van Wyk.
Dié lappie Bosveld is ’n hanetree van die N3 af, en boonop maklik bereikbaar van Durban en die Sentraal-Drakensberg af.
Weenen 101

Hoe kom ek daar?
Neem die Estcourt-afrit op die N3. Ry deur die dorp en draai dan links op die Colenso-pad (R103). Draai ná 3 km regs. Die reservaat se hek is ongeveer 25 km verder aan die regterkant, net voor die T-aansluiting met die R74.
Tolgeld: R113 van Gauteng en R37 van Durban af. (Alle pryse akkuraat in Maart 2010)
Totale afstand: Ongeveer 400 km van Gauteng en sowat 100 km van Durban af.
Paaie: Die grondpaaie is amper goed genoeg vir ’n sportmotor.
Geriewe
Braaiplek: In die kampeerterrein, by elkeen van die drie piekniek-plekke en ook by ’n dammetjie.
Krag: By 7 van die staanplekke.
Badkamers: Basies maar netjies.
Piekniekplek: 4 plekke met bankies en braaigeriewe. Een het ook basiese toiletgeriewe.
Wild: Renosters (swart en wit), bastergemsbokke, elande, rooi-hartbeeste, koedoes, waterbokke, kameelperde, sebras, volstruise en meer as 250 voëlspesies.
Selfoonontvangs: Swak.
Winkel: By die hek, vir basiese dinge.
Troeteldiere: Verbode.
Tye: Oktober-Maart: 5 vm. tot 7 nm.; April-September: 6 vm. tot 6 nm.
Dagbesoekers: R30 vir vol-wassenes; R20 vir kinders en R20 per voertuig.
- Vir meer inligting besoek Weg!