Branson hou sy lyf vlugkelner
2011-04-14 08:18
Die grootbaas van Virgin Richard Branson sal op 1 Mei moet vlugkelner speel op die Maleisiese laekoste-lugredery AirAsia X nadat hy ‘n Grand Prix-weddenskap met die stigter van die lugredery verloor het.
Branson, wie se Virgin-groep die Marussia Virgin Racing-span borg, sal sy weddenskap met Tobny Fernandes gestand moet doen nadat laasgenoemde se span beter gevaar het by die 2010 Bahrein Formule-1 Grand Prix.
“Vyf maande ná die kleurvolle aand in Aboe Dhabi het Sir Richard Branson se dag van rekenskap uiteindelik aangebreek,” het die lugredery Woensdag in ‘n verklaring gesê.
“(Hy) sal Air Asia se bekende rooi vroulike lugwaardin-univorm aantrek en in die paadjie afstap om tee, koffie of enige ander kos of drankies aan Tony Fernandes en 250 ander gaste te offer op die spesiale 13 uur vlug na Kuala Lumpur,” het die verklaring gelui.
AirAsia X is geaffilieer met AirAsia en die Virgin-groep.
Die lugredery het 160 kaartjies verkoop vir die welwillendheidsvlug van Londen na Kuala Lumpur en passasiers sal ook vermaak word deur die straat-kulkunstenaar Dynamo en ‘n musiekgroep waarin Eddie Jordan, die voormalige eienaar van die span Jordan Grand Prix, sal speel.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP