Bosfontein - 'n kinderparadys
2011-03-30 10:39
As ’n ouer sien jy uit na ’n rustige naweek, maar dis asof kampeerders se kinders hier by Bosfontein elk ’n adrenalienskoot weg het.
Bosfontein bestaan al ’n geruime tyd, maar die nuwe eienaars, Martie en Deon Beukes, het behoorlik nuwe asem in die oord geblaas.
Die staanplekke is duidelik genommer en lekker gelyk. Die hele kampterrein is byna toe onder gras, en oral is koeltebome.

Maar moenie die gesin probeer verras en sommer net opdaag nie; die kampplek is slegs een week in ’n maand oop, en dan naweke, langnaweke en vakansietye. Bel en maak seker.
Lees meer by WegSleep