Boplaas is tops by Cape Port and Wine Challenge
2012-06-21 14:41
Boplaas Wynkelder in Calitzdorp het uitstekend gevaar by vanjaar se Cape Port and Wine Challenge (Cappa).
Vir die eerste keer is rooi tafelwyne ook beoordeel, wat gemaak is van Portugese rooi kultivars.
Carel Nel, keldermeester van Boplaas, ook voorsitter van Cappa, is baie opgewonde oor die nuwe belangstelling van Cappa-lede, sowel as die publiek in die Portugese rooi kultivar tafelwyne.
Uit die toptien wat aangewys is, het Boplaas nie minder nie as 3 plekke verower, insluitende die Boplaas Tinta Chocolat 2011 (Tinta Barocca) wat die hoogste punt behaal het in die toptien.

Die ander wyne in die toptien is die Boplaas Portugese Connection 2011 (Woolworths) en die Boplaas Tinta Barocca 2009.
Die Boplaas Tinta Chocolat 2011 is ‘n pragtige rooiwyn met ‘n rooi kleur, bessie en sjokolade geure met ‘n goed gebalanseerde mondgevoel en lang nasmaak.
Die wyn word in Franse eikehout vate verouder vir 10 tot 12 maande.
Boplaas se Porte het ook uitstekend gevaar en die Boplaas Cape Ruby Port is weereens as die beste Ruby Port aangewys.
Boplaas het ‘n verdere vier goue medaljes gewen vir Port nl. Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2002 (ook beste in klas), Boplaas Cape Vintage Reserve 2010 en 2007 en Boplaas Cape Tawny Show Reserve.

Boplaas is die enigste kelder wat 3 rooiwyne in die toptien gehad het, sowel as 4 goue medaljes.
Die Boplaas-rooiwyne is direk vanaf die kelder en geselekteerde handelaars in Suid-Afrika beskikbaar. Kontak ons gerus by (044) 21 33 326 of boplaas@mweb.co.za.