Boerewors op spyskaart by ekspo in Aus
2012-01-18 13:00
Kaapstad – Suid-Afrikaanse gunstelinge soos bobotie, boerewors en koeksisters sal op die spyskaart wees vir Globe, die restaurant en vergaderplek van die Asia-Pacific Incentives & Meetings Expo (AIME), wat in Melbourne, Australië, gehou word.
Suid-Afrikaanse toerisme (Sat) sal die restaurant borg sodat gaste Suid-Afrika se unieke kos en wyn kan proe, het Tourism Update op hul webtuiste bekend gemaak.
Die ekspo word op 21 en 22 Februarie gehou.
Sat sal ook ‘n uitstalling by AIME hou om Suid-Afrika se beeld as ‘n bestemming vir vergaderings te bevorder.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter