Bloeiselfees op die Groenberg-ekoroete
2011-09-23 14:50
Die Groenberg-ekoroete, die wêreld se eerste biodiversiteitswynroete, geleë in die hart van die Kaapse Blommeryk, bied sy jaarlikse Bloeiselfees aan.
Hierdie fees is ‘n ekovriendelike gebeurtenis wat in harmonie met die natuur plaasvind.
Kos-, wyn-, sport-, avontuur- en natuur-lifhebbers word uitgenooi om hul vriende en families nader te sleep en koers te kies na die platteland vir ‘n viering van die koms van die lente.
Die Groenberg-ekoroete dek ‘n area van 75 km om die Groenberge en sluit in Botrivier, Elgin, Houwhoek en Villiersdorp en hul omliggende gebiede.
Die uitsluitlike doel van die roete is om die natuurlike omgewing te koester, terwyl daar terselfdertyd gefokus word op die maatskaplike opheffing en volhoubare ontwikkeling van die plaaslike gemeenskappe en ondernemings, sowel as die bevordering van eko-toerisme wat in hierdie gebied floreer.
Hierdie manjifieke ekoroete – wat majestieuse berge, golwende groen heuwels, riviere en damme, pragtige fynbos, vrugteboorde, wingerde en olyfboorde insluit – verteenwoordig ‘n plattelandse leefstyl op sy beste.

Foto: verskaf
Sy 25 lede, wat almal iets anders na die tafel bring, sluit wynmakerye en vrugteplase in familiebesit in, asook kontrei-restaurante en –verblyf, plaasstalletjies, delikatessens en bed-en-ontbytverblyf, kuns- en handwerksentrums en ‘n maatskappy wat in buitelugaktiwiteite spesialiseer.
Tydens die Bloeiselfees sal elk van die lede sy eie, unieke aktiwiteit aanbied vir besoekers om te geniet. Gewilde aktiwiteite sluit in:
• Die Appelbloeisel-bergfietsuitdaging en –wedloop (8 km) op Oak Valley Estate op Sondag, 9 Oktober, wat ‘n “moet” is vir sowel ervare ryers en hardlopers as beginners.
Vir meer besonderhede en om te bespreek, besoek www.entrytime.co.za of kontak Theresa Bridgman by 082 658 0112 of tntpromotions@xsinet.co.za.

Foto: verskaf
• ‘n “Amazing Race” waar leidrade gevolg en prettige take verrig word by die verskillende lede van die Groenberg-ekoroete op die roete – met ‘n groot prys vir die wenners –sal die hoogtepunt van die fees wees.
Vir meer inligting, kontak Cany Bugler by 083 456 2181 of info@triactive.co.za. Bespreking kan vooraf of op die dag gedoen word.
Besoekers sal ook ‘n groot verskeidenheid ander aktiwiteite tydens die Bloeiselfees kan geniet.
Wanneer: 8-9 Oktober
Kaartjies en besprekings: Elke lid se aktiwiteite sal afsonderlik voor betaal word. Sommige van die aktiwiteite sal voorafbespreking benodig.
Navrae: Ina Malherbe: 083 229 4630 of info@greenmountain.co.za
Webwerf: www.greenmountain.co.za