Bitterpan 'n kamp om oor huis toe te skryf

2010-11-04 14:22
Tweets Share Share line Print

Bitterpan is die mees afgeleë wilderniskampie aan die Suid-Afrikaanse kant van die Kgalagadi, maar het beslis ’n uitsig om oor huis toe te skryf…

Hoewel daar sterk mededinging is, dink ek dié kampie het die beste uitsig in die ganse Kgalagadi: Jy kyk uit oor ’n soutpan en verwag heeltyd iets gaan gebeur, veral as jy weet daar is leeus in die omgewing.

Bitterpan 101: Hoe lyk die blyplek?

Bitterpan is die kleinste van al die wilderniskampe in die Kgalagadi en gebou rondom ’n gemeenskaplike leefgedeelte op ’n houtdek, met twee tafels, twee yskaste (met vrieshokkies) en stoele. Aanweerskante is vier piepklein kamertjies, elk met ’n private dek wat uitkyk op die pan. Agter die kampie is ’n toring vanwaar jy selfs op ’n kameelperdbul sal kan afkyk. Agter die leefgedeelte is ’n gemeenskaplike kombuis met twee gasoonde, tweewasbakke en alle nodige kombuisgereedskap.

Die gemeenskaplike braaiplek is op grondvlak, buite die beskerming van die beligte, omheinde houtdek. Die kamers is net mooi groot genoeg vir twee enkelbeddens. Daar is nie klerekaste nie en ook geen dakwaaiers nie. Elke kamer het ’n badkamer met toilet, stort, wasbak en groot spieël. Die opset is allesbehalwe privaat: Jy deel alle geriewemet jou bure en kan nêrens alleen wees nie. Die kamers is só na aan mekaar dat jy jou bure gaan hoor gesels.

Ander geriewe: Die naaste vulstasie en winkel is op Nossob (53 km) of Mata-Mata (61 km); hier is nie ’n restaurant, winkel of swembad nie.

Wat moet ek bring? Kos, drinkwater en vuurmaakhout

Selfoonontvangs: Geen

Wanneer kan ek inteken? Aankomtyd is 12 vm., en op jou laaste dag moet jy om 9vm. uit wees.

Koste: R795 per kamer p.d. vir 2. (Geen kinders onder 12 nie.)

Dit klink alles goed ,maar…

Vermy dié kamp in die hoogsomer. Jy móét ’n 4x4 hê en bring noodwiele, want die leeus toets graag die 4x4’s se banddruk.

Kontak: 054 561 2000; www.sanparks.org/parks/kgalagadi/

Klik hier vir meer oor Bitterpan 
 

Lees meer oor: kgalagadi  |  kamp

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.