Binnelandse toerisme floreer
2009-07-22 16:14
Kaapstad – Binnelandse toerisme floreer steeds ten spyte van die huidige ekonomiese klimaat.
Só het Marthinus van Schalkwyk, minster van toerisme, Woensdag tydens die vrystelling van die binnelandse reisstatistieke gesê.
“In vergelyking met 2007 het meer Suid-Afrikaners binnelands gereis. Sowat 14 miljoen Suid-Afrikaanse volwassenes het in 2008 gereis in vergelyking met die 13 miljoen in 2007.”
Van Schalkwyk het gesê gemiddelde uitgawe per reistog het van R520 in 2007 tot R780 in 2008 toegeneem.
“Die jaarlikse uitgawe per binnelandse reistog het van R20 miljard in 2007 tot R25,8 miljard in 2008 vermeerder. Dit toon ‘n binnelandse groei van 29%.”
“Ons het nie verwag dat die binnelandse bedryf immuun sal wees teen die ekonomiese krisis wat lande regoor die wêreld teister nie.”