‘Bietjie nader aan die hemel’

2010-11-23 13:15
Tweets Share Share line Print

’n Uitsig van die Musto’s se opstalstoep oor die groot Kaba of Grootvlei.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Beeld

Om Alexandria en die omliggende gebiede oos van Port Elizabeth die beste te beleef, moet jy eers verdwaal, maar ook sorg dat jy by die Kaba-Grootvlei-gebied uitkom, het Mariska Spoormaker gevind.

Die weiveld, ploegland en kolle ongerepte plantegroei lê só lappieskombers-mooi dat ons te laat besef ons het al kilometers ver verkeerd gery.

Leon Harmse, fotograaf, haal sy selfoon uit. Rol die wieletjie onder die skerm. “GPS,” beduie hy.

Die vet streep sê ons moet terugdraai. Die vaal streep wys daar is ’n grondpad wat deur onbekende veld na Alexandria geneem kan word.

Die afdraaibordjie lees “Hope Fountain”. Goeie teken. Ons draai af, hou aan ry, al sê die tannie: “Make a U-turn!”

Êrens, ek dink tussen rooiribbok en blesbok nommer drie en vier, het sy eers die pad saam met ons begin vat.

“Soms moet ’n mens verdwaal om die mooi te kan sien,” merk Leon op. Oral die wild, die inheemse ruigtes langs die haarnaalddraaie en die groen vallei doer onder.

“Wild Animals Crossing,” waarsku ’n padteken. Net ’n aap sal hier jaag. Wat ’n wêreld. Die volgende bordjie wys “Bosbok”. Die tannie sê: “In 200 meters, turn right.”

Ons maak so, spyt om die natuurskoon agter te laat. Op die eskarp van die Masimene-landelike gebied lyk die rondawels en vrolik geverfde hutte soos posseëls op ’n groot groen koevert.

’n Skaaphond pyl blaffend op ons wit motor af. “Die vinnigste en grootste skaap van sy lewe,” sê Leon laggend.

Anderkant die padbord wat ’n lorrie teen ’n skerp afdraande wys, is dit so goed ons ry ’n wens-jy-was-hier-poskaart binne. Berg, kloof, vallei, boerdery, wildplaas. Te gou ry ons Alexandria aan die “agterkant” by die sigoreifabriek binne.

“Welcome to Chicory Country,” groet die groot bord langs die N10 wat deur die dorp loop.

Ons wil by Tierlantjies en die Groente Mantjie inloer, maar die afspraak op Kaba – Game and Beef wag.

Dit lê langs die Woody Cape-natuurreservaat van die uitgebreide Addo-olifantpark.

By die valhek op die Grootvlei-Kaba-pad staan “Road Impassable”. Maar omdat die pad op ons aanwysings is, stoot ons aan.

So 11 kilometer verder vou ’n wêreld mooier as ons verdwaalpad oop. Kaba, ook Grootvlei genoem, lê kilometers lank. Gras-gras-groen, omraam deur inheemse kuswoud teen die hange en heuwels. Vallei-bosveld-plantegroei.

Later hoor ons dit is oer-duine wat só “toegegroei” het. En dat die hele Kaba-bewaringsgebied uit blinde valleie saamgestel is. Dit word “blind” genoem omdat die indrukwekkende Alexandria-duine, die grootste kusduineveld in die Suidelike Halfrond, die valleie van die see skei.

Kom die reën, is die groot vallei net water – maklik vier kilometer lank en een kilometer breed. “Nog vir maande daarna, soms selfs jare, hou hy sy water terwyl dit geleidelik in die grond wegsyfer,” vertel Jim Musto, boer en, met sy entrepreneur-skoonpa, Chippy Brand, mede-aandeelhouer op die 1 500 ha-plaas.

“Dit word een groot vleiland met die rykste voël- en plantlewe.”

Dat ons nou juis in die droogte moet kom kuier.

“Hierdie plek is net ’n bietjie nader aan die hemel as ander plekke,” merk Winston Trollope, leier van die groep, op. “Dit is ’n ekologiese juweel. Die biodiversiteit, die veld se goeie toestand, die wyse waarop Jim holisties boer ...”

Hy boer met die baron-bees uit Kenia, vertel Jim toe hy ons deur dié Eden neem. Kameelperd, bosbok, rooihartebees, eland, njala, sebra, rooiribbok maal in die ooptes vlak by ons oornaghuis.

Vanaf die houtdek lyk dit asof Bird-eiland sommer vlak agter die vier kilometer breë Alexandra-duine (ook deel van die Addo-olifantpark) lê.

Jim sê die groep van drie eilande met sy vuurtoring, pikkewyne, robbe en ryk voëllewe lê so agt kilometer van die strand af in die see. Dis ook ’n mariene bewaringsgebied.

Mense het hom al vertel hoe die withaai uit die water opspring en ’n rob of pikkewyn van die eiland af vang, vertel hy. Hy is nog te kort op die plaas om alles self te kon meemaak, maar hy hoor al die stories. “En hier,” sê hy, “wil ek die aarde oppas en so natuurlik moontlik boer.”

Hy en sy vrou, Cynthia, deel dié Eden ook met ander. Bergfietsryers, stappers, ruiters, sielerus-soekers, maar g’n vierwielmotorfietse nie.

  • Mariska Spoormaker is ’n joernalis van Die Burger.




Lees meer oor: fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.