Beste van 2011 se feeste

2011-01-18 08:51
Tweets Share Share line Print

Is jy reg vir 2011 se eerste paar buitelug kuns- en musiekfeeste? GoTravel24 het ‘n paar uitgelig wat jy nie moet misloop nie!

•    Origin Fees

Wanneer:
28 – 30 Januarie
Waar: Die partytjieplek moet nog bekend gemaak word.

Hierdie naweek-lange ‘psychedelic trance’ partytjie beloof om ‘n sensoriese fees vir jou ore, oë en jeukende voete te wees. Met meer as 20 verskillende platejoggies oor die drie dansvloere versprei sal jy nie anders kan as om heel naweek jou lyf te beweeg nie.



Origin is bekend vir sy fantastiese dekor, so hou jou oë deurgaans wawyd oop vir kleurvolle kunswerke, sowel as lig- en video vertonings.

‘n Kaartjie sal jou R220 uit die sak jaag as jy vooraf koop en R250 by die deur.

Hou die Origin Fees se webtuiste dop vir verdure inligting.

•    Up the Creek

Wanneer: 3 – 6 Februarie
Waar: Net buite Swellendam in die Breederivier Vallei

Wat kan nou beter wees as ‘n prettige naweek-wegbreek na een van die Wes-Kaap se mooiste valleie om al daardie aaklige begin-van-die-jaar-stres af te skud?

Up the Creek bied die moeë stadsjapie net wat nodig is om die siel weer te laat sing: goeie musiek, natuurskoon, ‘n rustieke kampeer-ervaring en hope rivier kapperjolle!
Die eklektiese verskeidenheid kunstenaars wat optree sluit, onder andere, in: Boo!, aKing, Jack Parow, Flash Republic, Karen Zoid, Elvis Blue en The Rudimentals. Die fees is familie-vriendelik en bied selfs ‘n spesiale kinder-area met toesig, prettige aktiwiteite en ‘n springkasteel.



Kaartjies kos tussen R150 en R590, afhangende van wanneer jy koop en hoe lank jy wil bly.

Vir verdure inligting besoek Up the Creek se webtuiste.

•    Ramfest

Wanneer: 4-6 Maart in Kaapstad, 9 Maart in Durban en 12 Maart in Johannesburg
Waar: Nekkies Vakansieoord buite Worcester (Kaapstad), Wavehouse (Durban) en Riversands Plaas (Johannesburg).



Ramfest word hierdie jaar vyf en hou sommer behoorlik in drie verskillende stede partytjie.

•    Splashy Fen

Wanneer: 21 – 25 April
Waar: Underberg, KZN



Sedert die heel eerste Splashy Fen in 1990 op ‘n plaas in KwaZulu-Natal gehou is, het hierdie grand-dame van Suid-Afrikaanse rock-feeste nog elke jaar net groter, sterker en mooier geword. 

•    AfrikaBurn


Wanneer: 27 April – 2 Mei
Waar: Tankwa, Karoo



Losweg op die Nevada woestyn se Burning Man gebaseer, is AfrikaBurn vinnig besig om homself as Suid-Afrika se vooraanstaande ‘alternatiewe’ kunstefees te vestig. Die fees-ekonomie werk op ‘n geskenk uitruil sisteem, so beursies kan eintlik by die huis gelos word.

Om meer inligting oor Ramfest, Splashy Fen en AfrikaBurn te kry lees gerus die res van die artikel op GoTravel24.com.

- GoTravel24

 

Lees meer oor: feeste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.