Besoeker nr. 21 000 000!

2011-08-11 08:36
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - As vlieënier het Johan van Huyssteen al baie wonderlike panoramiese uitsigte geniet, maar Woensdag het hy ’n 360°-uitsig van die Moederstad en omgewing uit sy eie private kabelkar gehad.

Van Huyssteen, van Port Elizabeth, het Woensdag die 21-miljoenste gebruiker van die Tafelberg-sweefspoor geword.

“Ek was so verras. Een oomblik het ek die kaartjies gekoop, en die volgende was daar 20 mense om my met ballonne,” het Van Huyssteen gesê.

Hy en sy vrou, Sharon, is in die Moederstad vir ’n vakansie van drie dae.

“Ons was albei nog laas as kinders op die berg. Dit was meer as 20 jaar gelede, en nou is ons hier ná al die jare en dít gebeur.

“Dit is veral ’n lekker verrassing omdat Sharon môre (Donderdag) verjaar,” het hy gesê.

As besoeker nommer 21 000 000 kon Van Huyssteen en sy vrou die uitsig op ’n mooi sonskyndag vanuit hul eie kabelkar geniet.

Collette van Aswegen, bemarkingsbestuurder van die Tafelberg-sweefspoor, het gesê sy is tevrede dat ’n Suid-Afrikaner dié mylpaal behaal het. “Suid-Afrikaners gebruik gewoonlik die kabelkar oor naweke, dus is ek baie bly vir Johan,” het sy gesê.

Volgens Van Aswegen het dit 30 jaar geneem om die mylpaal van ’n miljoen besoekers in 1959 te bereik. Sedertdien neem besoekertalle baie vinniger toe.

“Verlede jaar in Maart het ons die 20-miljoenste besoeker gehad, en in 2011 is dit ’n miljoen later,” het sy gesê.

Van Huyssteen het verskeie pryse gewen, maar die beste daarvan is waarskynlik die sweefspoor-kaart waarmee hy die volgende jaar pasella tot bo kan gly. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: tafelberg  |  toeriste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.