Bergfietsryers geniet Sederberge

2012-02-18 14:47
Tweets Share Share line Print

Vir die nagenoeg 80 deelnemers wat onlangs aan die Ride the Rock-bergfietstoer in die Sederberge deelgeneem het, sal daar veral drie dinge wees wat hulle lank sal onthou.

Eerstens word die rotsformasies in hierdie bergreeks as juwele in ons land se natuurskoon beskou. Die algehele rus vir die siel omdat daar geen selfoonontvangs is nie, en die goeie tegniese uitdagings wat dié fietstoer waarborg, is twee ander dinge wat deelnemers trek.

Maar vra jy die fietsryers se “nie-amptelike” kommentaar, hoor jy die Sederberge se wyn het beslis ook tot die feestelike gebeurtenis bygedra. Daar was genoeg goeie organiese wyn wat die laaste aand tot vroeg in die oggendure rondom ’n kampvuur geniet kon word.

En, beweer hulle, die wyn is so goed, dit het nie eens enige tekens van ’n hoofpyn gelaat nie. Perfek vir fietsryers.

Die driedaagse Ride the Rock-bergfietstoer is van Vrydag 10 Februarie by die Sanddrif-oord aangebied. Altesame 195 km moes afgelê word.

Op die eerste skof het die fietsryers 85 km gery. Die volgende dag was dit 60km en op die laaste dag net minder as 50 km.

Die naam van die toer kon nie beter gekies gewees het nie. Groot klippe, rotse en heelwat sand is waarop fietsryers getrakteer is. Maar die ruwe, ongerepte skoonheid van die Sederberge maak alles die moeite werd. Só sê almal.

Die fietsryers het wel met tye meer soos ribbokke op hoë rotslysies gelyk.

Van die genadelose hitte wat gewoonlik in Februarie toeslaan, was daar gelukkig geen teken nie – ’n seën vir die fietsryers as daar al ooit een was.

Michael Meyer, hooforganiseerder van die toer, het gesê dit is die eerste keer dat hulle die fietstoer hier aanbied.

“Ons is baie tevrede met die ondersteuning vir die byeenkoms. Dit is lekker om fietsryers blootstelling aan dié soort natuurskoon te gee. Ons verkies ook kleiner groepe om vir ‘n lekker atmosfeer te sorg.”

Meyer het gesê die samewerking tussen die boere van die omgewing en die organiseerders was fantasties.

“Daar was baie dinge wat gereël moes word, want alles wat jy in die Sederberge inneem, moet jy uitvat. Maar almal het gehelp en hul kant gebring. Ons sal beslis terugkom.”

Die ryers was gaande oor die roete.

Langs die pad is ’n klompie goed kwytgeraak, soos: “Dis ’n nuwe sportsoort waaraan ons die naweek deelneem. Dit word nou genoem die bergfietsry-stap-toer.”

Dit is beslis die beste enkelbaan-bergfietsroete in die land, het iemand uitgeroep terwyl hy bergaf gejaag het.

Die wenner in die mansafdeling, Kevin Evans, het gesê hy het lekker gery.

“Die roete was wel baie tegnies, en elke fietsryer verdien die medalje wat hy kry.”

Evans meen die roete is oor een van die mooiste dele in die land.

Jakes Jacobson het gesê hy sal altyd aan die roete dink as klip, sand, sand, klip.

“Dit was ongelooflik. Wat die byeenkoms lekker gemaak het, is hoe intiem dit was omdat dit ’n klein groep fietsryers was. Almal het heerlik saam gekuier. Ek hoop dit word weer gehou.”

Die wenner in die vroue-afdeling, Ariane Kleinhans, het gesê die klippe het dit nogal moeilik gemaak, maar die omgewing vergoed daarvoor.

“Die manier waarop die son geskyn het, het die kleur van die rotse so mooi uitgebring.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: sederberge

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.