Bejaarde misgis nooduitgang vir toilet

2011-11-24 11:10
Tweets Share Share line Print

Hanoi – ‘n Passasier op ‘n vlug van Taiwan na Ho Chi Minh-stad kan moontlik ‘n groot boete opgelê word nadat hy probeer het om 'n nooduitgang oop te maak toe hy dit vir die vliegtuig se toiletdeur misgis het, het plaaslike media Donderdag berig.

Die 81-jarige Taiwannese man het probeer om die deur sowat ‘n uur nadat die vliegtuig van Vietnam Airlines opgestyg het oop te maak, maar ‘n ander passasier het ingetree, het die koerant Dan Tri berig.

Die man, wat sê hy het gedink dit is die deur na die toilet, kan ‘n boete van tot 20 miljoen dong (byna R8 200) opgelê word.

Dit is gewoonlik nie moontlik om die deure van kommersiële vliegtuie op daardie hoogte oop te maak nie, aangesien hulle na die binnekant oopmaak en deur die druk in die vliegtuig toe bly.

Nietemin word dit steeds as ‘n oortreding gesien dat hy probeer het om die deur oop te maak.

‘n Twee-en-twintigjarige student het vroeër die maand ‘n nooduitgang van ‘n vliegtuig wat van Ho Chi Minh-stad na Hanoi onderweg was oopgemaak terwyl dit nog op die aanloopbaan was.

Die student, wat beweer dit was die eerste keer wat hy gevlieg het, het gesê hy het die deur oopgemaak "om die uitsig te geniet".

Die vliegtuig is gevolglik vir meer as twee uur vertraag.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- Sapa-DPA

Lees meer oor: vlieg  |  kan jy glo?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.