Baba by VSA-lughawe ondersoek

2011-05-11 09:18
Tweets Share Share line Print

Die foto wat deur pastoor Jacob Jester geneem en op Twitter geplaas is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

VSA - ‘n Foto wat op Twitter gelaai is van ‘n baba wat ‘n liggaamsondersoek by die Kansas City Internasionale-lughawe ontvang, is die jongste voorval van lughawe-sekuriteit in Amerika waar kinders ondersoek word.

Die foto, wat Saterdag deur pastoor Jacob Jester geneem en op Twitter geplaas is, het al byna 300 000 kyke ontvang.

Volgens Jester het hy Saterdag van Albuquerque gereis toe hy oplet dat die vrou agter hom met ‘n baba reis wat min of meer sy seun se ouderdom is.

Hy het net deur die sekuriteitspunt gegaan, toe hy omkyk en sien hoe die baba ‘n liggaamsondersoek ontvang.

“Ek het regtig nie gedink aan wat gaan gebeur nie,” het Jester aan msnbc.com gesê.

“Ek het net ‘n foto geneem. Ek het gedink dit is ‘n buitengewone voorval. Ek sal nie wil hê dit moet met my seun gebeur nie,” het Jester gesê.

Jester se Twitter-inskrywing het gelees: “Het sopas gesien hoe TSA-agente ‘n klein babatjie by @KCI-lughawe ‘n liggaamsondersoek gee. Eks seker dit is bietjie verregaande.”

Die vervoerveiligheid-administrasie (TSA) het kommentaar oor die foto op hulle blog gelewer: “Ons het die gesin se ondersoek weer nagegaan en gevind dat die kind se stootwaentjie die alarm tydens die plofstof-skanderingsproses laat afgaan het. Ons beamptes het die gepaste skanderingsprosedure op die familie toegepas en hulle het hulle samewerking gegee en was kort daarna by hul hek.”

Lees meer by msnbc.com
 

Lees meer oor: twitter  |  lughawens  |  kinders  |  kan jy glo?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.