BA gaan drie keer meer na SA vlieg
2011-10-12 09:12
Johannesburg – British Airways (BA) gaan vanaf Maart 2012 drie ekstra vlugte per week op sy vliegskedule na Johannesburg sit en sodoende bykans 700 sitplekke tussen Londen en Johannesburg las, het Tourism Update berig.
Die drie addisionele vlugte na Johannesburg sal Maandae, Donderdae en Saterdae 18:05 uit Londen vlieg en 06:10 die volgende oggend land.
Die vlugte na Londen sal Dinsdae, Vrydae en Sondae 07:40 uit Johannesburg vlieg en 17:50 dieselfde dag land.
Dié nuwe dienste sal deur B777-200ER vliegtuie met vier verskillende klasse gedoen word. Die vliegtuie is die mees moderne vliegtuie in die BA-vloot.
– Lees die volledige artikel by Tourism Update.
– Volg Nuus24 op Twitter.