Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Avonturiers wil rekord in Antarktika breek

2011-11-03 10:37
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Een honderd jaar nadat Roald Amundsen en sy span die eerste mense was om die Suidpool te bereik, beplan twee Belgiese mans om ‘n soortgelyke uitdaging te takel.

Wanneer ek Dixie Dansercoer, 49, en Sam Deltour, 26, vroegoggend in Kaapstad ontmoet, is hulle glad nie wat ek verwag het nie.

Dié ongewone paar is so plat op die aarde dat hulle onmiddellik soos ou vriende voel wanneer ons begin gesels.

Maar die tog wat hulle wil aanpak is genoeg om die braafste avonturiers twee keer te laat dink. Met die Antarctic ICE-ekspedisie beplan hulle om die langste outonome ekspedisie wat nog ooit in Antarktika gedoen is, aan te pak.

Dixie en Sam sal dié tog van 'n volle 6 000 km in 100 dae probeer aflê deur slegs gebruik te maak van spesiaal ontwerpte sleë, vlieërs en die wind in hul rug – wat die ekspedisie 100% groen sal maak.


Foto: verskaf

Waar het hierdie droom ontstaan?
Dixie vertel hoe sy avontuurlustige gees in 1994 wakker gemaak is toe hy saam met ‘n vriend in die Himalaja-berge gestap het. Dit was bloot die begin van talle ekspedisies wat hy sedertdien op sy lang lys van prestasies en uitdagings kan plaas.
 
Vir Sam is dit ‘n 14 jaar lange droom wat bewaarheid word. Op die ouderdom van 12 het hy begin om boeke oor die Noord- en Suidpool te lees en die eerste boek het gehandel oor Roald Amundsen se reis na Antarktika.

Op 14-jarige ouderdom het hy gedink hoe wonderlik dit sal wees om 100 jaar later self na Antarktika te gaan en op ‘n ongelooflike manier het dié nederige mediese student en Dixie, ‘n getroude pa van vier, se paaie gekruis om ‘n droom ‘n werklikheid te maak.

Voorbereiding
Beide Sam en Dixie lyk heel kalm en dit is duidelik dat hulle sielkundig goed voorberei is vir wat voorlê.

“Tydens die voorberidingsfase moet ‘n mens baie meer in die sielkundige kant insit. Jy moet sterk wees en goed eet, maar die grysstof is die onbekende terrein. Daar is altyd die onbekende van dag 50, dag 60,” verduidelik Dixie.

Die twee sal ‘n gemiddeld van 60 tot 70 km ‘n dag moet aflê in temperature wat wissel tussen -25 en -30 °C.


Foto: verskaf

Navorsing
Dixie en Sam sal tydens die ekspedisie die impak van katabatiese winde op die wêreld se klimaat bestudeer.

Hulle sal klein Kestrel-“weerstasies” gebruik om vas te stel hoe hierdie katabatiese winde sirkuleer. Hierdie toestelle sal in die aande op hoogtes van 10 m, 40 m, 100 m en 200 m aan hul vlieërs vasgemaak word.

Data rakende windsterkte, -rigting, humiditeit en temperatuur sal dan elke oggend deurgestuur word na 'n sentrum in Brussel.

Katabatiese winde dra digte lug van hoër gebiede teen hellings af as gevolg van swaartekrag. Dié winde kan teen die spoed van orkane teen hellings af beweeg.

Wat as daar nie wind is nie?

Daar is vir hulle gesê dat hulle altyd die wind in hul rug sal hê, maar niemand kan dit verseker nie en hulle maak ook deur hul toerusting voorsiening hiervoor.

Met hul grootse vlieër, wat 50 vierkante meter groot is, kan hulle hoër op beweeg en turbulensie-winde vang.  Hoe hoër jy beweeg, hoe meer wind is daar, verduidelik hulle.

Grootste uitdagings

Die paar se grootste uitdaging, sê Sam, is afstand. Hy het al talle hondeslee-wedrenne voltooi en gewen en die verste daarvan was 1 000 km.

Vir Dixie is dit die gewig van die projek. “Om jouself aan die projek toe te vertrou. Om aan ‘n plan lewe te gee wat nog nooit vantevore uitgevoer is nie. Om dit te waag om in die onbekende in te gaan, want ons weet nie regtig hoe dit gaan wees nie.”

“Maar dit is die ruggraat van hedendaagse avonture. As jy nie dit kan aanvaar nie is jy op die verkeerde plek,” sê Dixie.

Dixie en Sam vertrek Donderdag van Kaapstad na die Russiese basiskamp, waarna hulle met die groot ekspedisie sal begin.

‘n Honderd dae, afgesonder in ‘n verlate deel van die wêreld is beslis is reuse-uitdaging, maar dié twee manne is reg.

“Dit is verrykend. Daar vind jy die leegheid wat jy nie meer hier vind nie. Hier is altyd klanke om jou en jy kan dit nie wegjaag nie. Daar is iets te vinde in daardie leegheid,” se Dixie – en dis duidelik dat hy weet waarvan hy praat.


Roete-kaart van die ekspedisie.

– Besoek die webwerf

– Volg die ekspedisie op Facebook
 

Lees meer oor: antarktika  |  reis  |  navorsing
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Developer (Intermediate ? Senior)

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Project Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

SAS Analyst Programmer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.