Aus beplan wêreld se grootste marine park
2011-11-28 13:33
Kaapstad – ‘n Gebied op die noordoostelike kus van Australië wat so groot is soos Duitsland en Frankryk saam, gaan in die wêreld se grootste marine park omskep word.
Dit sluit in ‘n groot gedeelte van die Koraalsee (waar die Groot Koraalrif lê) en is die tuiste van sommige van die mees eksotiese seediere in die wêreld, sowel as talle belangrike skeepswrakke uit die Tweede Wêreldoorlog.
Die skep van die park sal verseker dat die fauna, flora en argeologiese spesies in die gebied sal kan voortbestaan en sal die pad gelykmaak vir meer toerisme in die omgewing.
Daar is nog nie ‘n naam of amptelike grense vir die park bekend nie.
Die Australiese regering sal binne 90 dae verdere besonderhede bekendmaak.
– Gadling
– Volg Nuus24 op Twitter