Angola wás lekker plek tot haar fiets gevat is

2011-08-30 09:19
Tweets Share Share line Print

Die Johannesburger Jolandie Rust met haar fiets voordat sy vroeër vanjaar op haar tog vertrek het. Sy het baie van Angola gehou en haar tyd daar geniet totdat haar fiets deur jeugdiges gevat is. (Herman Verwey, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jolandie Rust skryf uit Angola aan Buite: Vir my was Angola nog altyd die punt waar die avontuur amptelik sou begin. Die punt waar ek nou werklik op my eie sou wees.

Vreemde land, vreemde taal, vreemde mense, talle gru-stories.

Dit het my 16 dae geneem, sonder ’n rusdag, om van Windhoek (Namibië) tot in Lubango (Angola) die 1 200 km met my fiets af te lê.

Ek het geen idee gehad van wat op my wag nie. ’n Mengelmoes van emosies het in my binneste opgegaar terwyl ek voor die hek op die grens staan.

Ek is oor die grens gehelp deur ’n Angolese man, Norberto, ’n kontak van ’n kontak in Lubango. Chaos! Dis die enigste woord wat ek kan gebruik om die grens tussen Namibië en Angola te beskryf.

Mense, net waar jy kyk, probeer aan jou enige ding onder die son verkoop. Van sonbrille tot bottels water, klere, vrugte en hoenders.

Op my eerste aand in Angola het ek op Ondjiva gebly by ’n Afrikaanse paartjie, oorspronklik van Zimbabwe. Hulle is al amper nege jaar in Angola.

Ek het dit vreemd gevind. Hoekom sal enige mens met gesonde verstand in Angola wil bly?

Dit het my nie baie lank geneem om die antwoord op daardie vraag self te vind nie. Ek het die antwoord reeds in Lobito gevind.

Die volgende dorp op my roete was Xangongo – ’n dorpie aan die Kunenerivier. Hier is ek verwelkom deur ’n groep mans wat my hanteer het soos ’n ou vriendin wat hulle lanklaas gesien het.

Die volgende oggend, op pad na Cahama, is ek gewaarsku dat daar ’n “kontrolepunt” net buite Xangongo en net voor Humbe is.

My ervaring was so effe anders. Daar is nie eens vir my gevra vir my paspoort of enige papierwerk nie. Net ’n glimlag op elke gesig in ’n uniform en foto’s wat saam met my geneem is.

Volgende was die baie bekende pad tussen Humbe en Cahama. Bekend om sy slaggate wat ’n bakkie heel kan insluk!

Ek het al vooraf stories gehoor van hoe dit trokke tot twee dae kan neem om die 82 km op dié grupad te ry. Ek het dit in een dag op my liewe fiets gedoen. Maar my harde werk is met ’n bietjie bederf beloon.

Op die grupad het ’n groot Coca-Cola-vragmotor langs my stilgehou. Twee Angolese mans het uitgeklim en vir my ’n botteltjie koeldrank aangebied.

Net voor Cahama ry ek twee trokke van Namibië raak. Hier vul die manne my bottels met water van Otavi, gee vir my genoeg blikkieskos vir ’n week, drie stukkies biltong en sjokolade.

In Lubango het ek eers drie dae lank my bene en sitvlak laat rus by Raymond en Heike Steiner van Namibië. Hulle het my bederf met lekker kos, en my na die Leba-bergpas geneem.

Tussen Lubango en Lobito verloor ek my slaapsak en noodband. Hier ontmoet ek Hannes Botha en Nico van Vollenstee (van Suid- Afrika) langs die pad, wat tot my redding kom deur my Lobito toe te neem om vir my ’n nuwe slaapsak en noodband te koop.

Met my nuwe slaapsak en noodband in die hand, laai hulle my af waar hulle my gevind het en ry ek, weereens, na Lobito.
In Lobito neem Werner Weakley (van Namibië) my onder sy vlerk. Hy gee vir my ’n dak oor my kop en laat vir my nuwe bande van Windhoek af bring.

Dit is die vrygewigheid en mense wat werklik omgee, wat jou laat vasval in Angola. Mense sien hier om na mekaar. Dit maak nie saak wie jy is of van waar jy kom nie. Jy is welkom.

Angola is beslis die plek waar ek maar kan bly. Hier maak ek staat op die Angolese heelpad tot by die grens van die Demokratiese Republiek van die Kongo.  

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: angola  |  reis  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP300 Hardbody 2.5TDi Hi-Rider D-Cab Dsl PU
2010
R 249,950.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2004
R 129,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.