Alle Airbus A380-vliegtuie vir krake ondersoek
2012-02-08 11:42
Frankfurt – Die Europese lugvaartveiligheidsagentskap (EASA) het beveel dat al 67 Airbus A380-vliegtuie wat tans in gebruik is, se vlerke vir krake ondersoek word, het ‘n woordvoerder Woensdag gesê.
EASA het reeds in Januarie beveel dat 20 van hierdie vliegtuie ondersoek moet word, aangesien krake in vlerke van vliegtuie wat deur Singapore Airlines, Emirates en Air France gebruik word gevind is.
“Na aanleiding van die uitkoms van daardie ondersoeke is daar besluit om dit uit te brei na die hele vloot wat tans in gebruik is,” het die woordvoerder gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP