Airlink sit nog ‘n vlug op PMB-JHB-roete
2011-05-24 12:31
Johannesburg – Airlink sal vanaf 6 Junie ‘n tweede oggendvlug op sy roete tussen Pietermaritzburg en Johannesburg sit.
Die vlug sal om 8:30 uit Pietermaritzburg vertrek en om 9:30 in die Goudstad land.
Die toevoeging kom nadat besigheidsreisigers in KwaZulu-Natal gevra het dat die oggendvlug uit Pietermaritzburg vroeër kan wees, en die terugkeervlug uit Johannesburg later kan opstyg, aldus Karin Murray, Airlink se bestuurder vir bemarking en verkope.
Met die herstel van die Pietermaritzburg-lughawe se aanloopbaan kan die maatskappy nou meer vlugte op verskillende tye vanaf die lughawe bied.
Pryse begin by R450 en alle standaard reëls en voorwaardes geld.
Tourismupdate.co.za