Air Zimbabwe weer op dreef
2011-05-27 08:38
Air Zimbabwe se uitvoerende hoof, Innocent Mavhunga, het bevestig dat die lugredery se vlugte in die streek weer op dreef is nadat kwessies rondom ‘n B737-500-vliegtuig, wat die lugredery by Zambezi Airlines gehuur het, opgelos is.
Die lugredery het op 18 Mei talle vlugte gekanselleer nadat die vliegtuig onttrek is weens skuld van $460 000 (R3,2 miljoen).
Die internasionale lugvaartvereniging, Iata, het op 15 Mei bevestig dat hy die lugredery geskors het en sy agente is beveel om onmiddellik kaartjieverkope te staak.
- Tourism Update
Volg Nuus24 op Twitter