Air Zim soek hulp by regering
2011-08-11 09:48
Kaapstad – Volgens koerantberigte het Air Zimbabwe hom tot die regering gewend vir finansiële bystand in ‘n poging om ‘n einde te bring aan die huidige staking deur vlieëniers.
Na wat verneem word het die lugredery reeds $2 miljoen (R14,5 miljoen) as gevolg van die staking verloor, maar daar is geen amptelike bevestiging dat die lugredery wel hulp van die regering sal ontvang nie.
Jonathan Kadzura, voorsitter van Air Zimbabwe se bestuursraad, het bevestig dat bestuur met verteenwoordigers van die regering ontmoet het, maar hy net nie veel besonderhede bekend gemaak nie.
Volgens ‘n verklaring op die lugredery se webwerf is vlugte steeds gekanselleer as gevolg van die staking deur vlieëniers.
– Lees meer by Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter