Air France vlieg nou na Kaapstad
2011-11-04 14:05
Kaapstad – Air France het Donderdag sy eerste direkte vlug tussen Kaapstad en Paris-Charles de Gaulle gevier.
Dié vlugte sal voortaan drie keer per week plaasvind, op Maandae, Woensdae en Saterdae.
“Hierdie is die derde lugredery wat hierdie jaar na Kaapstad Internasionaal begin vlieg het en die tweede internasionale lugredery. Edelweiss Air het ook onlangs sy direkte vlug van Zürich af bekendgestel,” het Deon Cloete, bestuurder van Kaapstad Internasionaal, gesê.
“Met die piekseisoen om die draai is Air France net betydes om deel van die opwinding by Kaapstad Internasionaal te raak,” het Cloete gesê.
Die lughawe verwelkom ook vir Lufthansa terug wat direk van Frankfurt, Duitsland af vlieg, sowel as Virgin Atlantic, wat direk van Londen af vlieg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA