Air Algerie-stakings laat duisende gestrand

2011-07-14 15:10
Tweets Share Share line Print

Parys – 'n Staking deur die kajuitbemanning van Air Algerie het duisende vakansiegangers vir 'n vierde dag op lughawens in Parys, Marseille, Nice en Algiers gestrand gestrand gelaat.

Die werkers dring op ‘n salarisverhoging van 106% aan.

Die staking het Maandag begin en al die lugredery se vlugte moes sedertdien gekanselleer word in ‘n tyd wat baie Franse inwoners hul jaarlikse besoek aan familie in Noord-Afrika bring.

Honderde woedende passasiers moes Woensdagnag op onder meer die Orly-lughawe in Parys slaap.

Air Algerie het passasiers versoek om nie by lughawens op te daag nie, maar talle mense het steeds daarop aangedring dat hulle op vlugte geplaas word.

“Ek het 600 Euro vir ‘n kaartjie betaal. Dit is onaanvaarbaar. Air Algerie se tyd is verby,” het ‘n onstelde passasier, Leila Boubekeur, gesê.

Die Franse minister van vervoer, Thierry Mariani, het verteenwoordigers van die lugredery, die Algeriese ambassade en die verskillende lughawens byeengeroep om alternatiewe maniere te vind om reisigers na hul bestemmings te neem.

Die lugredery sal na verwagting vandag passasiers met gehuurde vliegtuie en veerbote van Marseilles oor die Mediterreense see na Algiers neem.

Onderhandelings met die unie wat die kajuitbemanning verteenwoordig, is intussen gestaak en daar was die afgelope paar dae geen kontak tussen die werkers en die bestuur nie, het Yacine Hamamouche, president van die unie, gesê.

Mohamed Salah Boultif, hoof van Air Algerie, het Dinsdag gesê die lugredery is bereid om ‘n verhoging van 20% aan sy werkers toe te staan.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Sapa - AFP

Lees meer oor: parys  |  algerië  |  reis  |  lugdienste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 122,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.