2 Franse toeriste in Argentinië vermoor
2011-08-01 20:01
Buenos Aires – Twee Franse toeriste in Argentinië se lyke is Vrydag naby ‘n staproete gevind, het die Argentynse polisie gesê.
Die lyke van die twee vroue is deur ander toeriste gevind, berig CNN. Die twee vroue (beide sowat 30 jaar oud) is die laaste keer op 16 Julie gesien naby die hotel waar hulle tuisgegaan het.
Die vroue is “wreedaardig” vermoor. Een is in die kop geskiet en die ander in die rug, het Marcelo Baez, ‘n woordvoerder van die geregtelike gesag in die Salta-provinsie, gesê.
Baez het gesê daar is ‘n moontlikheid dat die vroue vir dae aangehou is voordat hulle vermoor is.
– Kliek hier vir die volledige artikel.
– Volg Nuus24 op Twitter.