1time vlieg binnekort na Mombasa
2011-12-08 13:11
Kaapstad – Die laekoste-lugredery 1time het bevestig dat hy sy tweede Oos-Afrika-roete na Mombasa, Kenia, in Maart bekend sal stel.
Die lugredery sal begin met twee tweerigtingvlugte per week van OR Tambo Internasionale Lughawe na die Mombasa Internasionale Lughawe.
“Ons kyk al ‘n geruime tyd daarna om ons roetes uit te brei en Mombasa is die perfekte geleentheid om dit te doen,” het Rodney James, uitvoerende hoof van 1time, gesê.
“Die stad is een van Kenia se gewildste bestemmings en ‘n baie gesogte vakansiebestemming.
“Hierdie roete het dus baie potensiaal om nuwe kliënte te lok..." het James gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter