1time stel nuwe roete bekend
2012-02-08 12:39
Kaapstad – Die laekoste-lugredery 1time het verlede naweek bekendgemaak dat daar vanaf Maart 2012 direkte vlugte van Johannesburg na Mombasa in Kenia sal wees.
Dié lugredery aanvaar reeds besprekings en die nuwe pakette is ook op hul webwerf beskikbaar.
Daar sal weekliks twee vlugte vanaf die O.R Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Kenia vertrek.
1time bied reeds twee vlugte elke week na Zanzibar en Tanzanië en vyf vlugte per week na Livingstone in Zambië.
Volgens Najib Balala, Kenia se minister van toerisme, het 34 000 Suid-Afrikaners reeds Mombasa die afgelope 11 maande besoek.
'n Retoervlug met 1time vanaf Johannesburg na Mombasa sal tussen R4 800 en R6 400 kos afhangende van die seisoen en aanvraag.
– Weekend Argus.
– Volg Nuus24 op Twitter.