’n Wildrit op twee wiele

2011-09-13 08:42
Tweets Share Share line Print

Wild op ’n streep. Met die Segway-“strydwaens” kan ’n mens amper aan die sebras raak.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vir baie Suid-Afrikaners is daar weinig nuut aan ’n rit deur ’n wildreservaat.

En hoewel ons dit steeds geniet, bly die resep dieselfde – jy besigtig fauna en flora uit jou eie voertuig óf van die bak van ’n wildbesigtigingsvoertuig.

Maar in die Leeupark naby Lanseria, net buite Johannesburg, kan ’n mens nou soos ’n wafferse Romeinse koninklike op ’n “strydwa” toeris speel.

Jy het dalk al veiligheidswagte op dié rytuie in ’n winkelsentrum gesien, maar op die eko-vriendelike Segway Gliding-toer word ’n 4x4-weergawe vir ’n besonderse buitelug-ervaring ingespan.

“Dié soort eko-toere is ’n relatiewe nuweling in die Suid-Afrikaanse mark,” sê Saul Cohen, operasionele bestuurder van Segway in Suid-Afrika.

Volgens hom het hulle dit eers in die begin van die jaar aktief begin bedryf, hoewel dit al sedert 2004 by Sun City ingespan word.

“Elke toer is anders en van die plaveisel van Sun City tot die Victoria-waterval in Zambië of die wynplase in die Kaap sal jy elke keer ’n ander ervaring beleef,” sê hy.

Balanseertoer(tjie)

Die 4x4 Segway X2 is ’n selfgebalanseerde battery-aangedrewe rytuig – dus hoef jy nie uitstekende balans te hê om daarop te klim nie.

’n Mens moet wel 30 minute voor die toer aanmeld om ’n kort opleidingskursus te voltooi.

Ons toerleier, Jacob Penyenye, het ons binne 10 minute ’n valhelm op die kop gesit, die veiligheidsreëls en instruksies (met ’n goeie skoot humor) gegee en ’n klein toetsrit op die oefenbaan laat neem.

Hoewel ’n mens aan die begin effens daaraan moet dink dat jou lyf reguit moet bly, jou knieë oor hobbels moet buig, by opdraandes vorentoe moet lê en weer terug by afdraandes, raak ’n mens gou vertroud met dié bewegings.

Volgens Penyenye was sy oudste kliënt ’n vrou van 67 jaar wat nie genoeg van die toer kon kry nie.

Kinders moet ongelukkig 10?jaar en ouer wees, omdat hulle dan meer selfvertroue het en ook fisiek groot genoeg is om die rytuig te bestuur.

Romeinse rit

Ná die vinnige opleiding is jy reg om die park van 208 ha aan te durf.

Byna tjoepstil rits ’n mens in die grondpaadjie af en die diere blyk heel tevrede te wees met die “strydwaens” wat kort-kort enkele meters van hulle stop om kiekies te neem.

Die Leeupark is in twee gebiede verdeel – een vir die herbivore en een vir die karnivore. Die kameelperde, bokke, sebras, wilde- en hartbeeste loop vry rond en is gewoond aan besoekers wat hulle van die Segways aanskou.

Penyenye is ’n vreeslik vermaaklike gids. Sy interessante en breedvoerige kennis deel hy met baie humor, wat veral die buitelandse toeriste op hul tone hou.

Maar dit is veral die kleinspan wat eindelose genot uit die innoverende rytuie en Penyenye se staaltjies put.

Die Segways kan teen ’n topspoed van 23 km/h ry en die battery sal vir ’n afstand van 38 km hou, maar met die son en wind op ’n mens se lyf en die heerlike natuurskoon wil jy amper net teen ’n rustige pas in die grondpad af gly.

Jou voete kan dalk aan die einde van die rit van 90 minute ’n bietjie lam voel, en daarom is dit belangrik om gemaklike skoene te dra.

Vroegoggend of laatmiddag is die beste tyd om dié toer te doen, veral in die somer wanneer die diere op hul aktiefste is.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: diere  |  reis  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 122,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.