Yslanders maak hul huise oop vir besoekers

2011-11-23 12:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Inwoners van Ysland maak hul huise oop aan reisigers in ‘n inisiatief om besoekers ‘n outentieke Ysland-reiservaring te bied.

Die Inspired by Iceland-inisiatief is deur die Yslandse president, Ólafur Ragnar Grímsson, van stapel gestuur. As deel van die inisiatief nooi hy besoekers om pannekoek met room en suiker by sy presidensiële woning te kom geniet.

“As jy Ysland in die volgende paar maande besoek, belowe ons om jou soos ‘n Yslander te behandel en almal van ons bied ‘n persoonlike ervaring om te verseker jy kry die beste uit jou tyd by ons,” het hy gesê.

Inwoners plaas hul uitnodigings op die amptelike webwerf www.inspiredbyiceland.com saam met ‘n tyd, datum en die hoeveelheid gaste wat hulle kan akkommodeer.

Sommige van die geleenthede wat oor die volgende ses weke aangebied word, sluit in:

Blót – ‘n Antieke Wiking geloofseremonie van die oorspronklike geloof van Ysland wat op 1 Desember gehou word, gevolg deur kjötsúpa, die tradisionele Yslandse vleissop.

Op 6 Desember nooi Eva en Anita Rut mense na hul verhitte buite-swembad by hul grootouers se gastehuis, genaamd Dalbaer, in die suide van die land.

Op 10 Desember word ‘n skaapkop-fees gehou waar brennivín-snaps ook bedien sal word.

– Lees meer by Wanderlust

– Volg Nuus24 op Twitter
 

Lees meer oor: ysland  |  reis  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 122,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.