Top-snorkelplekke in Suidelike Afrika

2011-11-22 15:36
Tweets Share Share line Print

Om jou midde-in die seelewe met al sy gediertes te bevind, ver verwyderd van ’n flikkerende Blackberry en verkeersknope, is soos om in ’n ander wêreld te ontwaak.

As jy eers besluit het om die alewige foon teen jou oor met ’n snorkelpyp te vervang, sal selfs die kleinste poeletjie ’n onvergeetlike ervaring wees.

Om die seelewe van naby te verken en kleurvolle diertjies en groter waterbewoners vir ure agter ’n duikbril dop te hou, is ’n stokperdjie wat jou nie te veel uit die sak sal jaag nie en waarvoor jy nie sommer moeg sal raak nie.

Neem dié gewilde stokperdjie na die volgende vlak en ontdek die seelewe in al sy glorie.

1. Sodwanabaai
Sodwanabaai spog met een van die gewildste snorkelgedeeltes in die wêreld. Vir ’n indrukwekkende verskeidenheid seelewe, tropiese koraalbanke, en skeepswrakke uit ‘n vervloë tydperk, is Sodwanabaai die plek om te wees.

Die beste duikgeleenthede is gedurende April tot September. As jy ‘n beginner is hoef jy jou nie te bekommer nie; snorkeltoerusting kan gehuur word.

2. Aliwalrif
Aliwalrif is aan die suidelike kus van Kwazaulu Natal geleë en is bekend vir sy skeurtandhaaie, tropiese spesies en kouewaterspesies.

Die biodiversiteit aan die Suidkus is iets om te aanskou. Vir die meer avontuurlustiges is daar Shark Park, ’n mariene bewaringsgebied aan die suidkus, wat die Aliwalrif insluit.

Hier kan jy die magtige teenwoordigheid van meer as elf haai-spesies ervaar terwyl jy tussen hulle swem.

3. Maputaland
Om naby Kaap St. Lucia gedurende laagwater te duik, is op enige passievolle duiker se doenlysie.

Te danke aan sy ryk biodiversiteit en warm klimaat, is die Kosibaai-natuurreservaat aan die Mosambiekse grens die ideale snorkelgebied. Die warm waters oor die koraalrif is prentjiemooi, om nie eers te praat van dít wat jy onder die water kan sien nie.

– Lees hier
vir meer oor ons land se snorkel- en duik-plekke.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

Lees meer oor: snorkel  |  toerisme  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 122,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.