Top-doendinge by die Victoria-waterval

2011-11-28 14:54
Tweets Share Share line Print

Jou kamera se geheuekaart is leeg en slaggereed om jou onvergeetlike ervaring vas te vang; jy het nuwe veters vir jou deurwinterde stapskoene gekoop en jou rugsak is sekuur vasgegespe.

Jy is meer as reg vir die langverwagte tog na die Victoria-waterval.

Jy weet jou ore gaan suis en jou mond gaan oopval met die eerste aanskouing van die majestueuse waterval, maar wat gaan jy die res van die tyd doen?

Hier is ‘n paar idees wat min of meer dieselfde effek as die bogenoemde op jou sal hê.

1.    Laat waai met riviervaart

Twee dinge is gewaarborg wanneer jy ’n riviervaart by die Victoria watervalle onderneem; jy sal nat word van kop tot toon en die ervaring sal jou die res van jou lewe bybly.

Riviervaart-uistappies word begelei deur hoogs ervare operateurs. Jy het ’n keuse tussen laagwater- (Augustus tot begin Januarie) en hoogwater-uistappies (Janaurie tot Maart en Mei tot Julie).

Die laagwater-opsie is meer opwindend maar verg veel meer roei-ervaring as die rustiger hoog-wateropsie.


Foto: verskaf

2.    Trotseer die waters met jou kajak

Om die stromings met ’n kajak aan te vat is ewe opwindend en sal die adrenalien laat pomp. Jy hoef nie ’n ervare kayak-roeier te wees nie, sorg net dat jy ’n gids saam met jou neem.

Oorwin die groot rivier onder die Vic-waterval sonder enige ervaring of oorgrote armspiere!

3.    Raak rustig met dié kanovaart

Die kanoroete loop bo die Victoria-waterval en is ideaal as jy die stiller kant van die waterval wil ontdek.

Die boonste gedeelte van die Zambezi word gesien as vryvloeiend omdat dit nie deur die dam beheer word nie.

Dit beteken dat die watervloei totaal onderworpe is aan die verandering van die seisoene. Hou dus die stromings dop voordat jy hierdie aktiwiteit by jou lysie voeg.

4.    Ontmoet leeu se kind

Dit neem slegs ’n uur om nóg ’n ongelooflike ervaring by jou Vic-vakansie te voeg.

Leeus swerf sonder leibande of toue rond en welpies is naarstiglik op soek na ietsie om te vang.

Dalk is jy gelukkig genoeg om te sien hoe die wyfies hul “kinders” tou wysmaak om hul prooi plat te trek.

5.    Verken die veld vanaf ’n olifant se rug

As jy lus is vir iets heeltemal anders, is hierdie alternatiewe safari net vir jou. Verken die omgewing vanaf ’n olifant se rug en hou salig onbewuste diere, soos die sebra en kameelperd, dop.

Die rit is om en by een uur lank en interaksie met die dier is omtrent drie uur.


Foto: verskaf

– Vir nog opwindende en onvergeetlike doendinge by die Victoria-waterval loer op Discover Africa.

– Volg Nuus24 op Twitter






 

Lees meer oor: victoria-waterval  |  reis  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 122,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.