Nuwe inisiatiewe in Egipte bevorder eko-toerisme
2012-01-09 15:05
Kaapstad – Die New Hermopolis eko-dorp in Egipte is daarop gemik om verantwoordelike toerisme te bied in ‘n omgewing weg van die gewone toeristebestemmings.
Die meerderheid toeriste wat Egipte besoek is geneig om na oorde te gaan of die plekke te besoek wat deur die massas verken word en gevolglik eindig hulle op met ‘n beperkte toeriste-ervaring.
Gevolglik word baie dele in die boonste en middel dele van Egipte nooit gesien nie, ten spyte van die ryk verskeidenheid van argeologiese besienswaardighede en fauna en flora wat die dele bied. Tot onlangs.
Plaaslike gemeenskapsgedrewe inisiatiewe kom al meer oor die land voor in ‘n poging om verantwoordelike toerisme te bevorder. Die New Hermopolis eko-dorp is ‘n goeie voorbeeld hiervan.
Dit is 340 km suid van Kaïro geleë en is 3 km van die oudhede van Tuna al-Gebel.
Die ekodorp is uit kalksteen gebou en bestaan uit 16 kamers met plek vir 52 besoekers.
Die ontwikkeling volg ekologiese beleide vir die besparing van water en energie en kry sy hitte van sonpanele.
Massa-toerisme kan soms agteruitgang van die omgewing en argeologiese besienswaardighede veroorsaak, terwyl ontwikkelings soos die New Hermopolis ekodorp daarop gemik is om verantwoordelike toerisme te bevorder deur ekologiese beginsels.
Dit skep ook talle werkgeleenthede.
– Lees meer by Wanderlust
– Volg Nuus24 op Twitter