Moskou het die duurste hotelle
2011-09-02 15:17
Londen – Hotelle in Moskou is vir die sewende agtereenvolgende jaar as die duurste in die wêreld aangewys, het The Telegraph berig.
Genève, Zürich en Parys volg kort op die hakke van dié Russiese stad.
Die gemiddelde kamer in ‘n hotel in Moskou het tussen Januarie en Junie vanjaar £261 (sowat R2 960) gekos in vergelyking met £228 (sowat R2 590) in Genève en £220 (sowat R2 490) in Zürich.
Van die wêreld se rykste uitgewekenes is ook woonagtig in die Russiese hoofstad. Meer as ‘n derde van hulle verdien meer as £160 000 (sowat R1, 8 miljoen) per jaar.
Van die 50 stede wat deur die Hogg Robinson-groep bestudeer is, het 33 aangedui dat daar ‘n 4% groei per jaar in die pryse van hotelkamers is.
– Lees die volledige artikel by The Telegraph.
– Volg Nuus24 op Twitter.