Kyk uit vir dié lande in 2012

2011-10-28 14:25
Tweets Share Share line Print

Die mense by Lonely Planet het hul koppe bymekaar gesit, wenke van reisigers, bloggers en tweeters ontvang en uiteindelik hul keuse van die top-10 lande vir 2012 saamgestel.

Die reis-kenners het onder andere gekyk na wat die lande kan bied, opwinding, waarde en natuurlik die X-faktor.

1. Uganda
‘n Burgeroorlog het beteken Uganda was vir ‘n lang tyd nie deel van toeriste se reisplanne nie, maar stabiliteit is besig om terug te keer na die land en dit sal nie lank wees voordat besoekers begin instroom nie.

Dit is waar jy die oorsprong van die Nyl kry, waar die savanna en die groot mere van Oos-Afrika saamkom en waar sneeubedekte berge afkyk oor groot natuurlike woude.

2. Mianmar
“Ons wil hê mense moet na Mianmar kom.” Dit is die woorde van die National League for Democracy (NLD), die opposisieparty wat buitelanders sedert 1996 aangeraai het om uit die land weg te bly.

Hierdie waarskuwing het laat in 2010 verander toe die NLD sy boikot hersien het om onafhanklike reisigers (eerder as pakkettoere) aan te moedig ná die vrylating van Aung San Suu Kyi wat die afgelope 15 jaar onder huisarres deurgebring het.

Gevolglik word daar voorspel dat Mianmar, met sy berge en wit strande, ‘n gewilde nuwe reisbestemming gaan word.

3. Oekraïne
As jy nie baie van ‘n land weet nie is dit maklik om die gate toe stop met clichés en die Oekraïne, die groot onbekende van Europa, het baie daarvan.

Tekens van kommunisme waar jy kyk? Een kykie na Kiev se ou stad of die wildlewe op onbederfde strande sal dié stelling vinnig ongeldig verklaar.

Goedkoop bier? Inderdaad, dit is selfs goedkoper as gebottelde water.

Sokker? Oekraïne is mede-gasheer vir die 2012 Euro-sokkertoernooi.

4. Jordanië

Mense begin al meer besef dat Jordanië nie net oor Petra en Indiana Jones gaan nie.

Petra bly die skat in Jordanië se kroon, maar plekke soos Wadi Rum, Jerash en Madaba is besig om al hoe meer toeriste te lok.

5. Denemarke

Denemarke eindig elke jaar bo aan ‘n “kwaliteit van lewe”-lys en word beskou as die lekkerste/gelukkigste/mooiste plek op aarde, aangesien dit nie net lekker en maklik is om in hierdie perfekte land te woon nie, maar ook sag op die oog.

Een van die beste maniere om dié land te verken is op ‘n fiets.

– Lees verder by Lonely Planet

– Volg Nuus24 op Twitter

 

Lees meer oor: toerisme  |  bestemmings  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 122,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.